Paladin hypnotherapy
Voorbereiding vir 'n sessie
Hipnoterapie is ‘n baie effektiewe tegniek wat kan gensing en transformasie kan bring. Die Hipnoterapeut is alleenlik die fasiliteerder, jy sal self die werk moet doen. Dis baie belangrik dat die klient besef hul dit net sal werk as hul regtig ten volle wil veranderinge aanbring.
Om die sessies so effektief as moontlik te maak, is daar ‘n paar belangrike punte en reëls om in gedagte te hou.
As jy ‘n aanlyn sessie het, benodig jy ‘n rekenaar met ‘n webcam. U benodig ook oorfone met n mikrofoon. Maak asseblief seker dat hulle voor die sessie werk deur dit te toets. Maak asseblief seker dat daar geensins iets in die kamer is wat jou aandag kan aftrek nie, soos byvoorbeeld kinders of troeteldiere.
Lees asseblief die volgende en as u enige vrae of bekommernisse het, kontak my gerus:
Wees bereid om dit n kans te gee en te probeer, wie nie waag nie, wen nie!
Jy weet dalk nie veel van hipnoterapie nie, maar dit is ‘n nuttige en effektiewe tegniek om te help met allerhande probleme. Ek sal jou help om te verstaan hoe ek kan help en hoe dit werk. Al wat ek vra, is dat jy ‘n oop gemoed het dat jy jou nuuskierigheid jou sal laat lei.
Ontspan, wees kalm en mediteer.
Doen jou bes om ontspanne en kalm voor jou sessie te wees. Mediteer of doen iets wat jou help om te ontspan soos om in die natuur te loop, word sterk aanbeveel.
Geen alkohol of kafeïene nie.
Dit is beter om nie enige alkohol te drink die aand voor of die dag van jou sessie nie, dit help om jou gedagtes duidelik en ontspanne te hou. Probeer ook om so min as moontlik kafeïene te drink op die dag van die sessie.
Eet voor jou sessie
Sessies kan ‘n paar ure duur, so eet asseblief ‘n ligte maaltyd voor die sessie om te vermy dat jy honger voel gedurende die sessie.
Wees gemaklik
Trek liewers iets aan wat gemaklik is.
Jou sessie is privaat en vertroulik
Die sessie is n plek waar jy veilig voel en net kan ontspan en jouself wees. Alle sessies is privaat en vertroulikheid is baie belangrik. So gedurende sessies sal ek en jou wees, en niemand anders nie.