Paladin Hypnotherapy

Wat is Hipnoterapie?

Wat is Hipnoterapie?

Daar is baie misverstande en wanpersepsies rondom hipnose. Dit is waarskynlik te danke aan die gebruik daarvan as vermaak of die misleidende uitbeeldings op TV en in Films.  Hipnoterapie is ‘n tipe praat terapie waarin hipnose gebruik word om ‘n toestand van gefokusde aandag en verhoogde suggestiwiteit te skep waartydens positiewe voorstelle, metafore en begeleide beelde gebruik word om die individie te help om ‘n verskeidenheid bekommernisse en kwessies aan te spreek.

Hypnosis
Hypnosis3

Hoe werk dit?

Die verstand bestaan uit twee dele – ‘n bewuste deel en ‘n onderbewuste deel. Die bewuste verstand is waarmee ons die meeste vertroud is. Dit verwerk ons sintuie (soos sig en gevoel) en ontleed inligting. Die onderbewussyn werk in die agtergrond en doen al die outomatiese prosesse soos asemhaling en ander dinge waarvan ons nie bewus is nie soos byvoorbeeld om asem te haal. Dit is ook waar alle gewoontes ingeberg is.

Hipnoterapie kan gebruik word om die bewuste verstand te omseil en direk met die onderbewuste te praat. Dit kan gebruik word om positiewe voorstelle te plant. Dit laat jou toe om jou bewuste verstand stil te maak, deur jou op ‘n diep vlak van ontspanning te plaas.  Positiewe voorstelle kan dan direk aan die onderbewussyn gemaak word. Die persoon onder hipnose sal dan hierdie voorstelle aanvaar en die positiewe veranderinge maak wat hulle in hul lewens wil sien gebeur.

Terwyl jy onder hipnose is, kan jy jou denkprosesse en oortuigings ondersoek. Dit kan die oorsaak van emosionele, fisiese, verstandelike of selfs geestelike probleme wees. Sodra dit geïdentifiseer is, kan veranderinge met hipnoterapie aangebring word om hierdie kwessies aan te spreek.

Wat om te verwag

Die eerste deel van die proses is om ‘n aanvanklike ontmoeting te hê om u beter te leer ken om die veranderinge wat u wil maak, te kan verstaan. Ons gesels dan oor hoekom jy die verandering wil maak, die voordele wat dit vir jou sal bring en wat jou tot dusver gekeer het om daardie veranderinge aan jou lewe te maak. Ek sal dan ‘n plan vir behandeling doen en my voorstelle uiteensit oor hoeveel sessies benodig sal word.

Wanneer ons ‘n sessie het, insluitend hipnose, kan jy jouself heerlik gemaklik maak. Ek sal dan met jou praat en jou dan bring na ‘n toestand van diep ontspanning. Jy sal nie aan die slaap wees nie en sal deurgaans bewus wees. Jy sal in beheer bly en kan jouself te enige tyd uit hipnose bring. Dit moet vir jou net n aangename ervaring wees. 

Deur die gebruik van metafore, sal ek die voorstelle maak wat benodig is om die veranderinge te maak wat jy wil hê. Sodra dit gedoen is, sal ek jou rustig en gemaklik uit hipnose bring. Ons sal dan jou ervaring bespreek jy kan my vertel hoe jy voel. Terugvoer is altyd welkom.

Hypnosis2