Paladin Hypnotherapy

Dienste

Hipnoterapie word tradisioneel op ‘n een tot een formaat uitgevoer. Afhangende van watter diens jy benodig en hoeveel van julle belang stel, kan groepsessies egter ‘n goeie manier wees om geld te spaar en wedersydse ondersteuning te hê vir die veranderinge wat jy wil maak. Groepe kan wissel van ‘n paar tot ‘n paar dosyn. Ek het byvoorbeeld ‘n groep vorige lewensregressie aan sowat 50 mense oor videokonferensies gedoen. So as jy ‘n groep vriende, familie of kollegas het wat belang stel in ‘n sessie (miskien help om op te hou met rook, bedroefdheid met verlies of ‘n vorige lewe regressie), kontak my gerus vir meer inligting.

ANGS & SPANNING

Ongelukkig word angs en die spanning wat ons in ons daaglikse lewe ervaar al hoe meer algemeen. Ons het almal bekommernisse  van tyd tot tyd, maar dit hoort nie te begin om ‘n groot impak op jou lewe en jou welstand te maak nie. Hipnoterapie kan gebruik word om ‘n wye verskeidenheid van probleme wat met Angs te doen het te behandel. Dit sluit in Algemene Angsversteuring (wat die meeste van die tyd angstig voel), paniekversteuring (gereelde paniekaanvalle), sosiale angsversteuring (vrees vir sosiale situasies) en Agorafobie (vrees om in situasies te wees waar ontsnapping moeilik kan wees).

Hipnoterapie kan gebruik word om die oorsaak van die probleem aan te spreek en ons te help om te verander hoe ons daaroor voel. Hipnoterapie help jou leer om jou gedagtes te kalmeer en te verstaan wat dit is wat ons angstig maak. Daar is ook verskeie verwante tegnieke wat jy kan leer om jou stres te verminder en te help met toekomstige bekommernisse en angste.

BESIGHEIDSVERTROUE / LAE SELFBEELD

Ons almal staar  van tyd tot tyd  ‘n uitdagende situasie in ons lewe in die gesig wat vir  ons skrikwekkend kan wees. Miskien is dit ‘n ‘n belangrike werksonderhoud of a presentasie wat jy moet gee voor ander. Dalkies is daar dinge wat jy wil probeer bereik, maar jy dink jy kan dit nie doen nie. As jy senuweeagtig is kan dit die bereiking van jou doelwitte ruïneer. Hipnoterapie kan jou help om selfversekerd en minder angstig laat voel, wat beteken dat jy ‘n kalm gemoed sal hê om helder  te dink, vol selfvertroue te wees en jou doelwitte te kan bereik.

HOU OP ROOK

Om op te hou rook kan baie moeilik wees, want dit is ‘n kragtige kombinasie van verslawing en gewoonte. So, terwyl die nikotien verslawend is kan jy gewoond raak aan iets in jou hand of om so nou en dan vyf minute n breek te vat. As jy gereed is om op te hou rook, kan hipnoterapie help om jou wilskrag ‘n hupstoot te gee en die manier wat jy voel en dink oor rook te verander.

FOBIAS

n Fobie is ‘n oorheersende en sinlose vrees wat met ‘n bepaalde situasie of voorwerp verband hou wat normaalweg nie vreeswekkend behoort te wees nie. Sommige fobies het min invloed op u lewe, maar as jou fobie ‘n probleem veroorsaak, kan hipnoterapie help. Soos byvoorbeeld n vrees om op n vliegtuig te klim. Die meeste fobies is gebaseer op ‘n vorige ervaring in jou lewe wat jy miskien nie eers onthou of verstaan ​​nie. Hipnoterapie kan jou help om jou gevoelens oor die voorwerp van die fobie te verander en jou te help om dit te oorkom. Dit kan insluit Vlieg, Hoogtes, Spesifieke Diere, (soos spinnekoppe, honde, of slange), naalde / inspuitings en bloed. 

ONGEWENSTE GEWOONTE

Dit is maklik om ongewenste gewoontes te ontwikkel soos rook, of om jou naels te byt. Dit is fisiese voorbeelde, maar ander voorbeelde is om te veel TV te kyk en nie genoeg oefening te kry nie, of belangrike take uit te stel. Hipnoterapie kan help om die hoof oorsake van die gewoonte te ontdek en jou te help om van die gewoonte ontsla te raak of dit te verander na iets meer nuttigs of meer toepaslik.

GEWIGSVERLIES

Om permanent gewig te verloor is seker een van die heel uitdagendste selfverbeterings wat ons kan aanbring.  Hipnoterapie kan u help om jou verhouding met kos en drank te verander. Dit kan jou ook help om gemotiveerd te word en die oorsake van u eet- of drink gewoontes te ondersoek soos byvoorbeeld om te eet as jy vervelig is of spanning ervaar.

Weight Loss

SLAPELOOSHEID

Slapeloosheid en ander hindernisse wat n impak maak op n goeie nag se slaap is baie algemeen en kan ‘n groot invloed op u lewensgehalte hê. Hipnoterapie kan gebruik word om die oorsaak van die probleme te ondersoek en te help om dit aan te spreek.

REGRESSIE

Regressie is ‘n nuttige en interessante metode om baie van ons probleme aan te spreek. Deur hipnoterapie te gebruik, word jy teruggeneem na ‘n tyd voordat die probleem plaasgevind het of die tyd waar dit begin het. Hierdie tegniek kan ook gebruik word om vorige lewens te ervaar. Die probleem het nie noodwendig in hierdie lewe begin nie, dit kon in n vorige lewe gebeur het.

Vind meer uit oor regressie.

HARTSEER EN BEDROEFDHEID MET VERLIES

Hipnoterapie kan op verskillende maniere gebruik word om bedroefdes en diegene wat met ‘n verlies van n geliefde sukkel te help. Dit sluit in om die simptome van hartseer minder te maak, om ‘n manier te vind om te treur wat jou nie oorweldig nie, om jou persepsie van die verlies te verander. Hulp om die gevoelens wat die oorlewendes ervaar  te kan beter hanteer byvoorbeeld skuldige gevoelens omdat jy oorleef het . Om jou in staat te stel om weer aan die mooi herinneringe van die persoon te dink sonder die oorweldigende pynlike gevoelens. Om instede kalmte en krag te ervaar wat jou sal  help om weer te kan sosialiseer.

Daar is spesifieke tegnieke wat jou kan help om die verlies  te aanvaar en jou geestelike en emosionele welstand te herstel, en vir  jou ‘n manier te verskaf om die gevoelens wat jy wil deel of die dinge wat jy graag vir jou geliefde wil se te kan moontlik maak.

Grief